Hart's Joernaal. Bemoediging

 



Hart's Joernaal



Liewe Here,


Ek wil sommer baie eerlik wees vandag. U is so, so, wonder-mooi, so getrou. Maar ek is nie.

Soms raak ek net te besig met al die dingetjies van die lewe: ek skrop skoon, ek skarrel rond.

En, daar is die groter sake, soos onderwys en onderrig. Here, U weet.

Maar dan, is daar die onbelangrike: ditjies en datjies van die moderne lewe: 'n boodskap hier, 'n kykie daar, 'n plasing of 'n video. En Here, voordat ek dit weet, is die dag verby.

Ja, ek het stiltetyd gehou, het ook Bybel gelees. Maar Here, dit is nie genoeg nie.

Ek wil die hele dag lank saam met U wandel, U nabyheid voel, U stem hoor. En ek wil my Bybel oopmaak meer as wat ek my foon aandag gee.

Ja Here, ek verlang na die ou dae: die dae toe ek nog 'n jonk Christen was. Nou weet ek Here, dat die lewe geneig is om my aandag weg te trek van U af -

maar ek is vasbesluite. U is soveel meer kosbaar as enigeiets wat ek aanpak. Ek is lief vir U Here, en met U hulp, gaan ek my hele lewe neerlê.


In Jesus Naam,

Amen.



Meer en Meer



Meer en meer,

meer en meer,

van Jesus my Meester,

vriend en Heer


Elke dag gaan my

hart wyd oop

ek leef in Sy liefde,

en wandel met Jesus;

my enigste Hoop


p.i.H.H


Met baie liefde

💖💖💖🤗🤗🤗🙏🙏🙏

Mooiste dag en week.

Opmerkings

Gewilde plasings