'n Gratis Bundeltjie Gedigte


 


Hemels



'n Bundeltjie Gedigte

















Hemels.




Geagte leser, wat bedink u?


Is u denke vol Hemelse prag?


Is u oƫ op die Here gevestig;


gefokus op Sy heilige  mag?


Of bedink u meestal die aardse dinge;


dof, gewoon, wĆŖrelds, elke dag?




O Gees, help ons: vernuwe ons denke;


versterk, laat herleef deur U krag.

























Glo jy?




Glo jy, sien jy Hom


daar in pragtige plekke


ook in nag en dal






























Een




Net een ding is nodig


daar waar jy skarrel en swoeg


net een ding is nodig







































Afgelei




Jy is afgelei


'n piep, 'n biep, 'n boodskap


is daar tyd vir my?


































Die Wewer Voƫl





Ek wonder of hy teleurgesteld is -


die voƫltjie met die dapper geel.


Elke dag het hy aan daai nessie gebou,


'n geesdrifdige, bont kĆŖreltjie,


al flitterend tussen die blare,


hier en daar, op en af.


Maar toe sĆŖ sy nee.


Dit pas haar nie.


Die vaal ou dingetjie sĆŖ dit met beslistheid.


En nou?


Wat gaan ons mannetjie doen?


Tou opgee? Ander vroumens vind?


O, nee, die dapper, geel voƫltjie is weer aan die bou;


kalm en getrou.


Ja, ek glo daar was 'n bietjie teleurstelling,


maar anders as ek, gaan hy aan;


gee hy alles oor aan sy skepper.




Ek, ek is so geneig om op te gee:


Here, dit behoort nie so te wees nie,


dit was veronderstel om so anders te wees;


so mooi, so perfek.




Help my Here, om soos my geel vriend,


alles aan jou oor te gee -


al my teleurstellings, my hartseer, my pyn.


Dan sal ek skitter, dan sal ek sing;


My alles tot U altaar bring.
























Die Kassier




Jy stoot jou trollie tot die naaste kassier  

jy is moeg en die kinders wag by die huis;

manlief ook en hulle is honger

een vir een pak jy die goedjies uit:

brood, melk, maalvleis, uie, wortels, pasta

en die kleurvolle luukshede:

Pringels, lekkers en sap. En 'n sjokolade.

Jy is so gefokus op jou taak,

glad nie opgekyk en haar oƫ gesien:

daar is 'n moegheid wat jy nooit ervaar het,

'n stille desperaatheid:

kan jy dit sien?

Die Here praat met jou -

Hy wil hĆŖ jy moet stop en sien:

Hy ken die kassier, haar leegheid, haar behoefdes, haar sondes en Hy het haar lief.

My kind, gee jy om?

Hy weet waar sy woon,

enkel-ma in die klein woonstelletjie

met die leƫ kaste, honger kinders en leƫ harte:

net noodles weer vir aandete

ook die huur word verhef

daar's boelies en moeilikheid by die skool,

en sy is so, so moeg vir alles

dit is net 'n eindelose, hopelose pad

hierdie lewe

met voete, bene, rug wat pyn.

Kyk vir haar my kind,

sy is ook 'n mens met 'n siel

en Ek wil haar red.

Sal jy my gehoorsaam my kind?

Jy betaal nou met jou kaart,

maar al wat jy kan hoor

is die Here se stem in jou hart:

saggies, maar dringend -

ek sal Here, ek sal -

geskuil in jou handsak

maak jou hande 'n plan

sy aanvaar die traktaatjie

en lees gou voordat iemand kom:

"Daar is Hoop vir u"

die woord 'hoop' glinster

en sy maak die pamphlet oop:

twee honderd rand:

die geldjie wat jy sou gebruik het

vir 'n nuwe rok.

Wel gedaan, my kind

wel gedaan.


Ek het jou lief.





























Die Minste




O, ek sien nou Here,

dat dit gaan altyd oor my:

daar staan ek weer eerste in die ry.


O, ek sien nou Here,

daar waar hulle die koeke sny,

wil ek altyd die grootste stuk kry.


O, ek sien nou Here,

die sokkies weer op die vloer gelos,

dan word ek sommer kwaad en nogal nors.


O, help my Here,

ek weet nou dit gaan nie oor my,

herinner my weer aan U deurboorde sy.





















Vul My Lewe, Vul My Mond.




Ek moet altyd die woorde in my mond gebruik;

maak nie saak wat hul is nie, hulle moet uit.


Ag, Here. En nou is alles so verkeerd,

ek het alweer wat U woord sĆŖ vergeet.


O, Here, vergewe my, ek gee U my lewe.

Vul my, tot die eie ek dood is, vergete.























Die Nederigheid Van Jesus




My Jesus, U is die allermooiste roos;


tog het U uit liefde gekies om soos


'n magrietjie so ned'rig ons harte te troos.
























Verlange



Daar is 'n hoekie van lank gelede,

hier binne in my hart,

waar 'n briesie lag in koel blare

en die blomme se kleure is sag.

Met koppie en Bybel en katjie swart,

drink ek vrede en stilte en prag.



































Tuis



Ek hunker na 'n plekkie genoemd tuis:


waar vrede rus, want Jesus besit die huis.



















Skape



Die skape lĆŖ rustig, veilig,

in die vaal groen veld

onder 'n potblou hemel

in 'n uitgestrekte landskap,

versorg deur die Vader en die Herder se hand.


Tot by die waters van Elim

word hulle gelei

deur die groen heuwels

van soet nuwe lewe;

maar ook veilig deur die klippe

en rotse van die groot woestyn.






















Ewige Tuiste



Die skape sal eendag daar aankom:

die Herder sal hulle daar lei;

tot 'n plek sonder klippe, hitte of dors,

waar hulle vir ewig sal wei.























Die Hemel



Daar is pragtige blomme

in die Hemel,

SĆŖ mense wie daarvan droom.

Ek weet nie:

ek was nooit daar nie;

maar dit weet ek wel:


Die Hemel is asemrowend mooi:

want dƔƔr woon die Roos van Saron.
























Verlig



Soos 'n donkie

loop ek rond

met hierdie 

enorme las:

hartseer,

pyn,

probleme,

geliefdes,

bekommernisse…


Toe sien Jesus 

my gebuigde hoof

en Hy lig al my laste van my skouers af.





Kopiereg: Alison Lawrence 

Met liefde en gebedešŸ©·šŸ©·šŸ©·

NOTA: "Berg River Blessings," 'n gratis e-boek is beskikbaar op "The Hope Chest." Vir skakel, sien Oor My/Skakels bladsy.

Opmerkings

Gewilde plasings