Ontmoet My By Die Rivier. 'n Gratis Kort Verhaal
Ontmoet My By Die Rivier
Adam kry vir haar waar sy seep uitpak in die winkel. Hy vang haar omkant toe hy haar blitsvinnig op haar wang soen. "Adam, ek't voor gesรช, ons mag nie..."
Adam se lag borrel. "Ek weet, Rachel. Maar jy't sรณ mooi gelyk."
Rachel bloos, maar sy glimlag terwyl sy die rak vol pak. "Dis goed om jou te sien, Adam."
Sy glimlag bereik amper sy ore. "As jy klaar is, ontmoet my by die rivier."
Rachel knik net. Haar toesighouer kyk hulle stip aan. Genadiglik, stap Adam verder weg van haar af, en sy sien hoe hy 'n boks tandapasta gryp. Rachel lag saggies. Minstens sal haar "date" se asem nie stink nie.
Sy pak die res van die seep uit voordat sy haar trollie terug stoor kamer toe stoot. Daar kry sy die bokse sjampoe wat sy nodig het. En vir Melanie.
"Ek het gesien hoe Adam 'n soentjie van jou steel. Wees versigtig, Rachel. Hy's mooi, maar hy's ook moelikheid op twee bene."
Melanie is seker net jaloers, dink Rachel. Adam was altyd so sjarmant en hoflik.
"Dankie, Melanie, maar ek is 'n groot meisie. Ek kan na myself omsien."
Sy stoot haar trollie weer uit terwyl Melanie haar kwaai aangluur. "Hy's glad nie reg vir 'n kerk-meisie soos jy nie."
Rachel byt haar tong. Nou klink Melanie soos die stil, bekende stemmetjie. Die stem van die Een Wie haar vir die laaste drie jare van haar lewe gelei het.
"Maar Here, Adam is anders. Ek weet hy is nie 'n Christen nie, maar ek gaan hom kerk toe nooi."
Rachel gaan aan met haar werk. Haar gewete pla haar, maar haar hart is reeds by die rivier...
***
Soos toe sy 'n kind was, skop Rachel haar skoene uit. Die koel water verfris haar moeรซ voete onmiddelik. Die son het nog nie gesak nie, en dit dans saggies, silwer en goud op die water.
"Dis so mooi, Here."
Betower soos altyd deur die rivier, sy let nie op nie dat sy hard op praat.
"Nie so pragtig soos jy nie." Adam se vriendelike stem en netjiese voorkoms laat haar hart vinniger klop. "Adam..."
Rachel bloos weer. Sy moes seker simpel gelyk het, hier waar sy kaalvoet in die rivier speel, haar beste blou rok, 'n bietjie nat om die soom. Maar Adam trek nou ook sy skoene uit. "Dit lyk soos pret."
Rachel ontspan. "Dit is my gunstelling plek, hierdie."
Adam neem haar hand in syne. "Ek het hier langs die rivier groot geword. Ek stem saam."
Toe hy haar hand oplig en dit liggies soen, voel Rachel asof dit die mees romantiese oomblik van haar lewe is. Perfek.
Adam lei haar na 'n naby gelee jettie. "Vertel my meer van jouself."
"Dis nie baie interessant nie." Sy lag saggies terwyl sy haar voete heen en weer in die water liggies skop. "Ek het verlede jaar hier verhuis om werk te soek. Ek woon saam met my sussie. En ek werk nou by die winkel soos jy weet."
"Vir my, is jy die mees fassinerende meisie in die dorp." Adam sit 'n arm om haar skouers. "Kom ons stap na my motor. Dit word 'n bietjie koud, en ek het 'n ietsie daar om te drink. Dit sal jou lekker opwarm."
Rachel huiwer. Adam kyk haar verwagtend aan. Hy is so aantreklik. En so vriendelik. Maar skielik draai die waarskuwings weer in haar kop. En sowaar, die stille stemmetjie fluister weer. "Hy's nie die een vir jou nie, Rachel. Hardloop. Hardloop weg."
Rachel se laggie is skraal; angstig. "Ek sal liewer bietjie stap, Adam. Dis glad nie koud nie. En ook," sy kyk vlugtig in sy rigting, "ek drink nie."
"Melanie het gesรช jy's 'n kerk meisie, maar jy lyk nie soos 'n "goodie two shoes" nie. Komaan. Dis nie drink nie. Jy kan net 'n slukkie vat."
Intussen het Rachel opgestaan. "Liewer nie, Adam. Ek wil regtig nie." Sy bewe nou so bietjie terwyl sy vinnig haar tone binne in haar skoene stoot.
"Moenie simpel wees nie." Adam gryp haar arm. "Ons is hier saam nou. Klim in die motor. Ons kan strand toe ry. Geen drank. Ek belowe."
Rachel skud haar kop. "Dankie Adam, maar nee. Jy's reg. Ek is 'n kerk meisie, maar eintlik is ek soveel meer as dit. Ek behoort aan die Here, en ek moet na Hom luister." Rachel se oรซ is nat van trane van angs maar ook van verligting.
Verskok, Adam los haar arm, en vat 'n tree agtertoe. Voordat hy meer kan se, begin Rachel om te hardloop. Weg van Adam; weg van die rivier. Sy voel so simpel. So dom. Die trane loop, en 'n paar mense kyk haar verbaas aan. 'n Hond blaf in haar rigting, maar sy ignoreer hom sowel as die mense. Genadiglik, is haar en haar suster se woonstelletjie nie te ver van die rivier af nie.
Vir sowat 'n uur, sit sy alleen in die tuintjie, en sy stort haar hart uit na die Een aan Wie dit behoort...
***
"Ontmoet My by die rivier, Rachel." Die stem is so bekend; so, so, mooi.
Ja, dis darem haar af dag. Daar sal baie besoekers daar langs die water wees, maar dis reg so.
Sy gaan saam met die Here bietjie wandel, en miskien sal sy weer haar skoene uitskop, en hierdie keer 'n loflied sing.
***
PSALMS 119:9 AFR53
[9] Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.
https://bible.com/bible/5/psa.119.9.AFR53
***
Storie kopiereg: Alison Lawrence
***
As jy so gelei voel, deel asseblief die storie met ouer jeug en jong volwassenes. Baie dankie.
![]() |
Gratis langer storie. Beskikbaar op my ander webjoernaal. Inspirerende leestof vir jonk en oud. The Searching |
![]() |
Hoop vir swaar tye. Gratis.Hope Blooms |
Besoek die skakel hier onder om meer van my boeke te sien. Sommige van hulle is beskikbaar op Amazon, ander op die webjoernaal. Alle boeke wat te koop is is beskikbaar as e-boeke. Boeke
Opmerkings
Plaas 'n opmerking