Weggeraap. Gedig.

 



Weggeraap


Hande en hart

vol probleme

hier stap ek

langs die pad:

Mense skarrel

motors jaag

wyl die wind

fluister in die bome


Die swaar las

buig my grond toe

en ek sien nie 

die voëls of die wolke 

maar U stem

basuin deur al

die komosie van

stad en hart


"Kom op, kom op!"

Los jou probleme

sê Jesus Lam

van God

dis tyd om te gaan

op, op, op,

ek glimlag.

Jesus.

Daar lê my probleme

vêr onder op die grond



A.S.L


Opmerkings

Gewilde plasings