Stories Van Redding: Lizaan. Gratis Storie. Jesus Red.

 


Waarskuwing: self-moord tema.



Lizaan kyk op. Later, besef sy dat die opkyk iets diep binne in haar verander het. Biljoene liggies op 'n swart fluweel agtergrond. Eindeloos. Mysterieus. Nou, dink sy nie veel daarvan nie, sy besef net dat hulle teenwoordig is. Hoe hulle neerkyk op haar in haar desperaatheid. Daar waar sy om en om die swembad loop. 'n Meisie van sewentien, alleen, terwyl die res van haar familie slaap.

Na 'n rukkie, kom sy tot 'n stilstand en staar na die stil, diep water. Die water wat haar saggies lok en trek. Die water wat gedurende die dag 'n vriendelike helder blou is. Nou donker en gevaarlik. Maar sy sien dit nie. Sy hoor net die stem van die water wat roep: spring, spring, spring. Ons sal jou help om alles te eindig. Jy sal niks voel nie. Kom, kom, kom.

Lizaan sit met haar bene in die water: 'n skraal tiener met sproete en reguit bruin hare. Die water voel so sag, so bekorend. Amper verwelkomend. Maar terwyl sy daar onder die sterre sit, begin 'n ligte briesie om te waai. Die blare van die bome begin om te dans. 'n Klompie van hulle val op die water, en die spel is gebreek.

Lizaan hoor 'n ander stem diep binne in haar hart fluister. 'n Stem vanuit haar kinderdae. 'n Teer en liefdevolle stem. "Kom na My." Die woorde dans saam met die blare en skitter met die sterre. "Jy is kosbaar."

Lizaan kyk weer op. Net een stem weerklink in die nag.



Liewe Leser,

As jy alleen en desperaat voel, roep Jesus aan. Hy is lief vir jou. Hy sal jou red. Kry ook help. Praat met 'n Dominee. Bel 'n vriend.


Liefde en gebede,

Alison


Foto krediet: Fabrice Villard 

Opmerkings

Gewilde plasings