'n Rivier Wandel. 'n Gratis Kort Verhaal.

 




Oom Jaco stap stadig, maar doelgerig. Hy stap rivier toe, net soos hy amper elke dag doen. Sy woonstelletjie is geleรซ net 'n paar strate weg van die Berg Rivier. 

Vanoggend is 'n perfekte, amper wolklose lente dag. Oom Jaco sug 'n bietjie terwyl hy stap. Sy bene en sy rug pyn vanoggend, maar hy is bly dat die weer warmer word: dit beteken dat die pyn minder sal wees.

Uitendelik bereik hy die pad wat rivier toe lei. Hy stop en staar na die blou, blou water. Ai, hoe wens hy dat sy kleinseuns bietjie kon kuier saam met hulle ouers: sy seun en kleindogter. Maar Australia is sรณ vรชr. Die eensaamheid dreig om hom weer te oorweldig. Ai, Here.

Oom Jaco stap stadig verder langs Bokkom Laan. Die riete dans en die voรซltjies bou hul nessies. Dit laat hom bietjie beter voel. Hy stap aan tot by die bank. Hy sit en kyk na die rivier, die mense, die bote. Maar toe hy afkyk, sien hy iets wat wapper in die briesie. 'n Stuk papier, blykbaar. Iemand het dit tussen die planke van die bank ingedruk. Hy trek dit uit. 'n Traktaatjie. Oom Jaco maak dit oop en lees. En terwyl hy lees, word hy herinner aan sy verlosser en vriend. Sy God. Jesus Christus.

Hy hoor die fluisterstem binne in sy hart: Ek is lief vir jou. Ek is altyd met jou. Oom Jaco glimlag. Hy lees die traktaatjie weer. Hy oordink dit om dit in sy sak te steek, maar toe besluit hy om dit eerder daar te los. Miskien sal God die traktaatjie weer gebruik. Wie weet wie volgende op die bank sal sit?


♡♡♡



Dankie dat u ingeloer het. :)

Deel as u so gelei is.

Liefde en gebede.

U kan my getuienis hier lees: Skakel

Alison 

Opmerkings

Gewilde plasings