Stories Van Redding: Zelda. Gratis Storie. Jesus Red.

 



"Gaan jy saamgaan na die kinder - kamp?" Leilani vra haar beste vriendin Zelda, terwyl sy haar vorm bestudeer.

Zelda sug en skud haar kop. "Ek dink nie so nie. Ma sê ons kan dit nie bekostig nie."

Impulsief, gryp Leilani nog 'n vorm. "Ek gaan nie sonder jou nie. Ek sal met Jesus daaroor praat. Hy sal help." Haar gesiggie straal terwyl die twee dogters uit die saal stap. "Wag net, Zelda, jy sal sien."

Zelda lyk nie oortuig nie. Leilani is haar beste maatjie. Dis hoekom sy ingestem het om Sondagskool by te woon, maar sy het nie Leilani se geloof nie. Sy wil graag glo, maar dit is alles, nog baie vreemd vir haar. By haar huis, word daar nooit van Jesus gepraat nie. Óók, lees haar ouers nooit Bybel nie, en sy twyfel of hulle ooit bid.

"Jy's baie stil," sê Leilani, "glo jy nie dat Jesus ons kan help?"

Zelda skop 'n klippie met haar skoen. "Miskien sal Hy," sê sy, "ek weet eintlik nie. Waarom sou Hy? Hy ken nie vir my nie."

Leilani frons en maak haar mond oop om te praat, maar op daai oomblik, stop Zelda se Pa voor hulle in die familie se bakkie. Zelda gee haar 'n vinnige drukkie en dan is sy weg. 

Leilani bly staan vir 'n paar minute in die pakeerterrein. Toe buig sy haar koppie en bid ernstig vir haar maatjie.

***

Die volgende Sondag, is altwee dogters weer op hul plekke in die Sondagskool. Mevrou Krige glimlag teer terwyl sy die weg van saligheid aan die kinders verduidelik. "Seuns en dogters, net Jesus kan julle red. Net deur Sy kruisdood, toe Hy al jou sondes gedra het, kan jy in die Hemel toegelaat word." Die onderwyseres se vriendelike oë ontmoet Zelda s'n. "Ons moet ons sondes bely en op Hom getrou om ons te red."

Zelda luister aandagtig, en haar hart voel seer om te dink hoe Jesus om haar onthalwe gely het.

Leilani bid weer stilletjies vir haar maatjie. "Liewe Jesus, help haar om te glo."

***

Na die les, sê Mevrou Krige vir Zelda dat sy met haar wil praat. Sy plaas haar arm om die die klein dogter se skouers. "Wil jy na die kinder-kamp toe gaan Zelda?"

Zelda huiwer. "Ja Tannie, ek wil. Maar ek dink nie ek sal kan nie."

"Ek dink jy moet gaan, Zelda. Jesus het vir 'n gawe oom gesê hy moet vir my die geld gee sodat jy kan gaan."

Zelda kyk vinnig op. "Rerig?"

"Ja." Glimlag die onderwyseres. "Ek sal jou ouers bel om te verduidelik. Reg so?"

Zelda knik net. Haar oë skiet vol trane. "Asseblief, Tannie. Maar kan Tannie eers vir my bid? Ek wil Jesus vra om my te red."

***


Liewe Leser, was jy al by die kruis van Jesus?


As jy so gelei is, deel asseblief.


Baie dankie vir die inloer,

Liefde en gebede,

Alison.


Foto krediet: Bùi Thanh Tâm. Unsplash.



Opmerkings

Gewilde plasings