Twee Gedigte

 


Soek


Ons soek na 'n nietigheid

ons soek na 'n leuen

terwyl die Vader ons roep:

kom, soek na My Seun


(Geinspireer deur Psalm 4:3)




Sal Jy Nie Kom?


Sal jy nie kom, sal jy nie kom?

Die liefde van Jesus sal jou verstom


Sonde blyk pret soos 'n speelpark te wees,

maar die einde is dood, en donker, en vrees 


Sal jy nie kom, sal jy nie kom?

Die liefde van Jesus sal jou verstom


Vrede, liefde, en vreugde wag daar,

by die kruis, liewe leser, glo net, dit is waar


Sal jy nie kom, sal jy nie kom?

Die liefde van Jesus sal jou verstom


Kom uit die donkerte, kom na die lig,

los nou die sonde, en kry nuwe sig


Sal jy nie kom, sal jy nie kom?

Die liefde van Jesus sal jou verstom.



💜🩷🤗🙏 Mag dit 'n geseënde en liefdevolle week wees.

Liefde en gebede,

Alison.

Opmerkings

Gewilde plasings