Vriendelikheid, en Verandering

 


Foto krediet: Omar Lopez. Unsplash


Vriendelikheid




Verandering


Ek wil so graag mense verander:

hulle liefdevol en sag maak; 

vol medelye en omgee.

Ek wil so graag hê

dat hulle my moet raaksien

en koester; 

mooi dinge moet sê.

Ek wil so graag hê

dat hulle moet weet

as ek hulp nodig het;

maar hierdie super krag

het ek beslis nie.

Here, sal U dit doen?

Maar eers, Here, 

begin met my.



Om te verander is nooit maklik nie. Om ander mense te verander is onmoontlik. As ek wil verander, en 'n beter Christen wees, (en ek wil,) dan is ek heeltemal afhanklik van God om dit te bewerkstellig. 

Ja, ek kan seker in eie krag 'n bietjie gewig verloor of met self-beheersing 'n woede uitbarsting stop sit; maar net die Heilige Gees, werkend binne in my kan ware verandering bewerkstellig.

Die gedig hierbo, begin met die klag dat ander mense moet verander. Maar dit word gou duidelik dat net God dit kan doen. Die gedig eindig met die gevolgtrekking dat die beste plek om te begin, as dit by verandering kom, is met onsself. Dan moet ons weer besef hoe brood-nodig ons God het in hierdie saak. 

Op dieselfde tyd, moet ons wel erken, dat as ons die nodigheid van groei en verandering in ons eie lewens kan sien, dat ons 'n goeie begin gemaak het.

Kom ons bid vir mekaar terwyl ons saam wandel op die pad van heiligmaking.


Baie liefde,

Alison🩷🩷🩷🙏🙏🙏 





Illustrasies vanuit my poesie-bundel genoemd, "River Walking."
 



Opmerkings

Gewilde plasings