Vrede

 


Ons is so besig. Ons hardloop heen en weer, en ons sê vir mekaar: Ek is so besig. Ek het geen tyd nie. Ons jaag van een ding na die ander. En die tragedie is dat ons geen tyd vir mekaar het. Ou mense word meer en meer eensaam; selfs jong mense kla dat die wêreld 'n eensame plek is.

Het ons vrede? Dit  blyk nie so nie. Miskien af en toe, gedurende die paar minutjies waneer ons ons selfone eenkant sit.

Soos uitgebeeld in die gedig, is ons  wêreld  'n baie stormagtige plek. Boosheid is orals, en dit steel ons vrede. Ons word gedompel in 'n plek van pyn, hartseer en depressie. 

As ek daaraan dink, rondom my kyk, en ook na my eie lewe, dan sien ek dat ons moderne lewens-styl 'n groot deel van die probleem is.

Ons spandeer soveel tyd aanlyn of op ons fone of rekenaars. Ons is erg afgelei. Selfs die kenners het gemerk dat sosiale media gebruik nie heeltemal gesond is nie. Die feit is, dat dit besig is om ons vrede te steel.

Met hulp van die Here, is ek streng met myself as dit by sosiale media kom. Ek verkies om 'n webjoernaal pos te skryf eerder as om tyd op sosiale media te mors. As ek wel tyd op Faceboek of elders spandeer, moet dit betekenisvol wees.

Ek glo, dat ons ons tyd, en ons vrede weer moet terugvat. Ons sal vind dat saam met die vrede, ons meer tyd, meer geduld en meer vriende sal bykry.


"Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag."  1 Petrus 3:11


"Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in Sy heilige plek?

Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie."  Psalm 24: 3-4

AFR53 (ou vertaling)


Opmerkings

Gewilde plasings